Savanna Beef verrys
Die konstruksie van Savanna Beef se beplande uitvoer-abattoir en beesvleisverwerkingsaanleg vorder flink. Nexus Namibia is die konstruksiemaatskappy wat aan die stuur staan van die reuseprojek suid van Okahandja. Daar word beplan om sowat 280 karkasse per dag teen ’n tempo van 32 karkasse per uur by die aanleg te verwerk. Die aanleg sal na beraming sowat 200 werksgeleenthede skep en daar word beoog om die eerste beeste nie later as Junie volgende jaar te slag nie. Foto’s Savanna Beef