'n Stem vir ietermagôs
Buiten as een van die mees geheimsinnige en terselfdertyd mees bedreigde diere in die wêreld, is die ietermagô ook die mees gesmokkelde soogdier weens die hoë aanvraag na hul skubbe in tradisionele medisyne en hul vleis as lekkerny. Op Wêreld-ietermagôdag wat Saterdag gevier word, verenig ondersteuners oraloor in een stem vir die bewaring van dié skaam en unieke diere.