Agri Monitor 5 November 2024
Muhummad Omar, teologiese bestuurder van die Namibiese Islamitiese Halaalvereniging, kuier in die ateljee.
NUUS
Agra het ’n toename van 8,3% in sy totale omset gerapporteer, wat van N$2,4 miljard in die 2022-’23-boekjaar tot N$2,6 miljard in die 2023-’24-boekjaar gestyg het.
Bruto wins het ook ’n noemenswaardige styging van 7,2% getoon, wat in dié tydperk van N$475,4 miljoen tot N$510 miljoen geklim het. Hierdie groei was veral duidelik in die kleinhandel- en groothandel-, veilings- en eiendomsafdelings.
Die ernstige droogte het egter ’n nadelige uitwerking op die besteebare inkomste van Agra se primêre klantebasis gehad, wat gelei het tot ’n aansienlike afname in inkomste uit sleutelkategorieë met hoë marges.
Totale uitgawes vir die groep het met 20,5% gestyg, van N$340,7 miljoen in 2022-’23 tot N$410,7 miljoen in 2023-’24.
Agra se bedryfswins met 24,1% van N$142,5 miljoen tot N$108,1 miljoen gedaal. Wins na belasting het ’n afname van 19,9% ervaar, van N$92,1 miljoen tot N$73,7 miljoen, terwyl die totale omvattende inkomste vir die groep ’n vermindering van 21,9%, van N$94,1 miljoen tot N$73,5 miljoen gehad het.
“Ten spyte van hierdie uitdagings het Agra se totale ekwiteit tot N$701 miljoen gestyg, met netto batewaarde per aandeel wat van N$6,29 tot N$6,86 gestyg het,\" volgens die maatskappy.
“Die maatskappy se aandeelprys het ook van N$3,06 tot N$3,67 gegroei en Agra het sedert 2017 konstante uitbetalings van dividende gehandhaaf.”
Die Otjimbele-druiweprojek is die eerste druiweprojek in die noorde van Namibië en het sy eerste oes van tafeldruiwe in September gehad – net ’n jaar ná dit geplant is. Die projek beslaan 15 hektaar by Etunda in die Omusatistreek en word deur die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling gefasiliteer. Tot dusver is meer as 150 werksgeleenthede geskep en produksie is uitgebrei om mielies, patats en waatlemoen in te sluit, asook aspersies,
hoofsaaklik vir uitvoerdoeleindes.
Maak seker jou vee floreer selfs in moeilike droogtetoestande deur voeraanvullings in hul dieet in te sluit. Agribank se tegniese adviseur vir vee en weiding, Erastus Ngaruka, gee raad.
Onthou, Sondag word weer landwyd \'n biddag vir reën gehou.