Bedbesetting daal in November
FOTO NWR

Bedbesetting daal in November

Ellanie Smit

Die nasionale bedbesettingsyfer vir besoekers aan Namibië van 53,14% is meer as 3% laer as in 2019.

Dit is 4% laer as in November verlede jaar.

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), Gitta Paetzold, sê die syfers weerspieël die aanduidings wat van toeroperateurs ontvang is en ’n afname in besprekings bevestig het.

“Ons het inligting ontvang dat die algehele besprekings vir 2026 ook beduidend laer as teenoor vorige jare is,” het sy gesê. Dit is volgens Paetzold ’n goeie aansporing vir die land om pogings te verskerp om dit as verkose toeristebestemming te bemark.

HAN het in dié verband vandeesweek se bekendstelling van Namibië se Convention Bureau verwelkom. Laasgenoemde se mandaat is om die land as ’n voorste bestemming vir ­vergaderings, konferensies en ­geleenthede te bemark.

 – ellanie@nmh-hub.com.na